Civic Motors, die vulstasie in Bultfonteinweg, sal na verwagting op Vrydag die 15de November hulle heropening vier. Civic Motors het onlangs opknappings ondergaan en beskik nou oor baie meer interessanthede vir jou gerief.
Hier is wat jy kan verwag
Die heropening sal om 07:00 plaasvind. Civic Motors sien uit daarna om hulle klante met vriendelike en flinke diens te bedien. Die vulstasie beskik ook nou oor ’n Spar Express en Beantree-koffiewinkel.
Vir jou gerief is daar ’n water bar waar jy gefiltreerde water kan bekom. ’n Verskeidenheid warm en koue voorbereide etes en geriefskos is beskikbaar. Heerlike Real Mccoy’s-pasteie en Chica Chicken word vars gebak en voorberei vir die haastige reisiger. Kospakkies vir leerlinge en studente sal daagliks vars voorberei word, gereed om net opgepik te word.
‘n Biltongkiosk sal heerlike biltong, droëwors, chilli bites ens. verskaf. Vir die braaiers sal al hul benodighede soos ys, hout, roosters en nog vele beskikbaar wees. Die Spar Express sal ‘n groot verskeidenheid geriefsprodukte teen puik pryse beskikbaar hê 24 uur per dag, so maak hierdie jou eenstop-winkel.
Civic Motors bied al die bogenoemde tesame met hulle puik Shell-brandstowwe en uitstekende diens. Kom vier die heropening saam en deel in die aktiwiteite en spesiale pryse.
Gaan ons jou Vrydag daar sien?





