SUID-AFRIKA. – Alhoewel daar nie beurtkrag vandag verwag word nie, bly die stelsel beperk en kwesbaar.
Eskom het vanoggend op hulle Facebook-blad gesê die stelsel is steeds uiters beperk en kwesbaar, met die kragopwekkingsaanlegte wat nie baie betroubaar is nie.
“Die waarskynlikheid van beurtkrag is steeds in plek indien daar onverwagte verskuiwings in die stelsel is.”
Hulle sê ook goeie vordering is die afgelope naweek gemaak om diesel aan te vul vir die gasturbines en om die watervlakke by die pompopgaarskemas te verhoog.
’n Gesamentlike poging kan verder bydra tot die vermindering van beurtkrag. Eskom doen ’n ernstige beroep op kliënte om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
- Stel lugversorgers se gemiddelde temperatuur op 23◦C.
- Gebruik die koue waterkraan eerder as om elke keer die geiser te gebruik.
- Stel u swembadpompsiklus twee keer per dag, drie uur op ’n slag, vir optimale energieverbruik.
- Skakel rekenaars, kopieerders, drukkers en faksmasjiene aan die einde van die dag af.



