SUID-AFRIKA. – Rolene Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, het hierdie naweek haar tweede baba se geslag aan al haar aanhangers bekend gemaak.
Sy het op haar Instagram-blad twee belde, ’n pienke en bloue, vasgehou en gesê die kleur belt wat sy by die Pink Polo-geleentheid gaan dra, is die geslag van haar baba.
Kort daarna het sy ’n foto, waar sy ’n wit rok met ’n blou belt aanhet, met al haar aanhangers gedeel.

“En dis ’n seuntjie! Ons is baie opgewonde oor ons tweede babaseuntjie wat op pad is! Dit wil voorkom asof ek ’n mamma van seuns is. Reeds halsoorkop verlief,” het sy saam met die foto gesê.



