KATHU – Twee gewapende rowers, 26 en 28, is gister in hegtenis geneem nadat hulle ’n Pep-kettingwinkel om 08:40 op Kathu beroof het.
So sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder. Niemand is tydens die gewapende rooftog beseer nie.
Die arrestasie volg na samewerking tussen die Kathu-polisie en Rhino Security, ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy.
Die polisie het beslag gelê op ’n ongelisensieerde vuurwapen met twee rondtes, kabelbinders en ’n groot som geld wat in die verdagtes se besit gevind is.
Ramatseba sê albei verdagtes is van Dikgweng buite Kuruman en hulle gaan Maandag 11 November in die Kathu-landdrosshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.



