Twee vrouens vas oor dwelmhandel

GARIES. – Twee vrouens is vroeër die week in hegtenis geneem vir die kweek en verkoop van dagga.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê hulle het inligting rakende ’n hidroponiese laboratorium op die Eureka-plaas naby Garies opgevolg.

“Carolina Lombard (56) en Huibrecht Cilliers (50) is hier in hegtenis geneem nadat 11 cannabis-plante in potte, saam met toerusting, cannabis-room en verskillende olies gekonfiskeer is. Die toerusting word gebruik in die verbouing, verpakking, verwerking en verkoop van dagga en daggaprodukte.”

Mnisi sê die waarde van hierdie toerusting en dagga is ongeveer R50 000.

“Albei is Suid-Afrikaanse burgers en ’n saakdossier van dwelmhandel is by die polisiekantoor geopen.”

Die verdagtes is albei op R1 000 borgtog vrygelaat en sal weer op 5 Desember 2019 in die Springbok-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: