PJ Powers en Ndlovu-jeugkoor deel verhoog

Foto: Facebook

SUID-AFRIKA. – Suid-Afrika se PJ Powers en die Ndlovu-jeugkoor het hierdie week die verhoog gedeel.

Powers het gistermiddag op haar Facebook-blad gesê hoe opgewonde en trots sy was om die verhoog met die Ndlovu-jeugkoor te kon deel. “Sulke helder sterre wat hulle lig op die wêreld en meestal op ons kosbare land, Suid-Afrika, skyn.”

Hierdie jeugkoor, wat opskrifte regoor die wêreld gemaak het, se eerste snit sal vandag op alle platforms vrygestel word. Hulle het op hulle Facebook-blad gesê die vrystelling van hulle musiek kroon ’n buitengewone jaar wat hulle stoutste verwagtinge oortref het. “Ons koor het bewys dat wanneer harde werk, volharding en toewyding gekombineer word, struikelblokke nie meer ’n hindernis is nie, maar ’n inspirasie – die sterre kom dan in lyn en drome word waar.”

“Ons is so opgewonde om ons musiek met julle te deel en dankie aan almal vir al die liefde en ondersteuning.”

Foto: Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: