KIMBERLEY. – Twee voertuie het op die hoek van Nooitgedacht- en Jacobus Smitstraat gebots.
Die bestuurder van die wit motor wou na bewering ‘n U-draai maak.
Die owerhede is tans op die toneel en geen ernstige beserings is tydens die ongeluk opgedoen nie.
Wees asseblief versigtig indien julle in daardie omgewing is.




