12-jarige steeds positief ná breinoperasie

KIMBERLEY. – Arno Laatz (12), ’n leerder aan Laerskool Newton, wat vroeër vanjaar ’n breinoperasie ondergaan het, hoef nie bestraling te ontvang nie en bly deur al die moeilike en onseker tye positief.

’n Oogbal-grootte gewas is in Junie vanjaar tydens Arno se breinoperasie verwyder.

Goeie nuus

Adri du Preez, Arno se ma, sê hulle het Woensdag ongelooflike goeie nuus ontvang en is so dankbaar. “Arno moes verlede week weer vir ’n opvolg EEG-skandering gaan en het die dokters dus gesien daar is geen verandering nie en daar het nie ’n gewas sedert Augustus gegroei nie.”

Sy sê hulle sou hierdie week met bestraling begin het, maar omdat daar geen verandering is nie, gaan hulle nié voortgaan daarmee nie. “Daar is geen fisiese tekens van kanker wat oorgebly het in sy brein nie en voel hulle dit is nie regverdig teenoor Arno om nou te begin met bestraling indien dit nie regtig nodig is nie.

Implikasies

“Indien hulle bestraling sou doen, is daar ’n groot moontlikheid dat dit sy gehoor in sy regteroor kan aantas. Dit kan ook tot langtermyn implikasies met sy IK en geheue lei,” vertel Adri.

Jaarlikse skanderings

“Arno moet vroeg in Januarie 2020 vir nog ’n EEG-skandering gaan. Indien daar teen dan enige veranderinge is, gaan hulle begin met bestraling, maar indien daar steeds geen verandering is nie, gaan hy glad nie bestraling kry nie. Hy moet dan net jaarliks vir ’n EEG-skandering gaan.”

Adri sê Arno het nog redelike swelling op sy brein en dat sy brein nou moet rus.

Vinnige herstel

Die trotse ma sê hy doen ongelooflik goed op skool en het baie vinnig herstel ná sy operasie. Sy sê ook hy bly ook heeltyd positief deur hierdie hele

Lees die vorige berig hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: