Bestuurder hol glo weg na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Bestuurder van ’n motor het glo weggehardloop toe dit ’n lamppaal in Croninweg in Kestellhof na 20:00 vanaand getref het.

So het ’n inwoner wat in die straat woon, gesê.

‘n Groot teenwoordigheid van polisie was op die toneel. Waarskynlik is niemand ernstig beseer nie.