Veldbrand in Carters Glen beskadig polisievoertuie

KIMBERLEY – Verskeie voertuie onder andere polisiemotors het skade gely nadat ’n brand vroeër vanaand in die veld naby Cathkinpeaksingel uitgebreek het.

Inwoners in dié deel van die buurt het geskrik toe ongeveer 18 ontploffings afgegaan het soos die bande en waarskynlik petroltenks van ongeveer ses voertuie ontplof het. 

So sê ’n inwoner wat in die straat agter die polisie se honde- en berede-eenheid bly.

Na bewering het ’n man met ’n rugsak uit die veld geloop gekom waar die brand begin het.

Een inwoner was ook bekommerd oor die perde in die kamp, maar die Kimberley-brandweer het die situasie daar onder beheer gehad en die brand het nie verder versprei nie.

’n Ouer dame wat in dieselfde straat woon, was baie bekommerd die brand kan spring en die res van die veld uitbrand, wat tot skade kon lei. 

FiND iT het navrae tot die Kimberley-polisie gerig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: