KIMBERLEY – Die water stroom al vir bykans drie dae in die parkeer area van Mediclinic in Du Toitspanweg. Die lekkasie is in die parkeer-area aan die agterkant van Mediclinic in Parkweg.
Denise Coetzee, woordvoerder vir Mediclinic Gariep, sê die lekkasie het nie ’n direkte invloed op die personeel of pasiënte van die hospitaal nie, maar is kommerwekkend in die lig van die waterskaarste waaronder die stad ly.
Die probleem is reeds op 5 November gerapporteer en navrae is 11 keer deur Medi-Clinic gedoen. Volgens Coetzee, was die munisipaliteit nog nie daar om die probleem aan te spreek nie.
FiND iT het navrae by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.



