Celine Dion is nie dood nie – vals nuus

Deel hierdie storie / Share this story

Gerugte doen die rondte dat die wêreldbekende sangeres, Celine Dion, oorlede is. Die nuus is egter vals en volgens https://factcheck.afp.com/  is die webtuiste wat die aantygings maak, eers vier dae gelede geskep.

https://online.newstrends2k18.info/#news/338 beweer, sonder om besonderhede te verstrek, die Kanadese musiekikoon Celine Dion is in ’n vliegongeluk dood.

Dion se talentagentskap het aan AFP (https://factcheck.afp.com/) bevestig die sanger leef, en die webwerf gebruik ’n gewysigde video van die CNN-program se New Day, hoewel die Amerikaanse nuuskanaal nooit Dion se dood aangemeld het nie.

Die video is egter ’n afgesnyde deel van ’n nuussegment uit die nuusprogram CNN se New Day, wat net lank genoeg duur vir die mede-gasheer John Bergman om die woorde te sê: “Ons het vanoggend baie hartseer nuus, hartverskeurend en verwoestend. ”Aan die onderkant van die skerm verklaar ’n vals nuusbanier weer Dion se dood.

Die video stop en om meer te sien, word gebruikers gedwing om die skakel op Facebook te deel.

’n Verteenwoordiger van Dion se talentagentskap het aan AFP gesê die verslag is “onwaar.” ’n Soektog met die woorde “Celine Dion dood” lewer geen resultate op CNN se webwerf nie. Die oorspronklike video wat in die poets gebruik is, was ’n nuusstuk wat die dood van die Amerikaanse sjef en TV-ster Anthony Bourdain op 8 Junie 2018 aangekondig het.