SUID-AFRIKA. – Suid-Afrika se rugbyhelde, wat verlede naweek die Wêreldbeker gewen het in die finaal teen Engeland, het gister huis toe gekom.
Die Springbokke gaan vir die volgende paar dae ’n Kampioenskapstoer langs die kus van Suid-Afrika doen. Hierdie toer sal môre, 7 November, afskop.
Volgens SA Rugby Mag sal die beplande Rugby Wêreldbeker Kampioenskap-toer soos volg verloop:
Donderdag, 7 November: Pretoria, Johannesburg en Soweto
Vrydag, 8 November: Durban
Saterdag, 9 November: Oos-Londen
Sondag, 10 November: Port Elizabeth
Die Bokke sal dan Maandag, 11 November die toer in Kaapstad afsluit.



