KIMBERLEY. – ’n Gedeelte van Du Toitspanweg, naby Burger King, is tans toe vir onderhoud aan die pad.
Wees asseblief versigtig indien julle in daardie omgewing is of gebruik eerder ’n alternatiewe roete.
Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het bevestig die pad sal vir die week gedeeltelik toe wees.



