Man skiet vermeende dief – saak duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Charl Stoltz (45), wat op 10 Junie vanjaar ’n vermeende dief in die middedorp, oorkant binnelandse sake geskiet het, het gister in die landdroshof hier verskyn. Die saak is egter weer uitgestel en sal in die streekhof voortgaan.

Die man wou na bewering Stoltz se selfoon steel terwyl sy vrou, saam met sy kinders, ’n ID by binnelandse sake gaan haal het.

Kort na hierdie voorval het inwoners hier Stoltz ’n “hero” genoem.

Stoltz het met sy eerste verskyning in die landdroshof op 12 Junie 2019 op aanklag van poging tot moord en die afvuur van ’n pistool in ’n munisipale/openbare area verskyn.

Die saak is uitgestel tot 6 Desember en sal in die streekhof voortgaan.