SUID-AFRIKA. – Die drie mans, geklee in khaki hemde en broeke, wat vroeër vanjaar beroemdheid verwerf het en gedoop is as Jan Direction, het nou hulle eerste snit vrygelaat.
Jan Jan Jan, wat die trio se band-naam is, se eerste snit is getitel ‘Wys Jou Vleis’.
Hierdie groep se beroemdheid het gekom na Donovan Golliath, ’n komediant, op sy Twitter-blad gevra het die land moet hulle ’n nuwe naam gee. Hierdie foto het viral gegaan.
Volgens Channel24, is hierdie liedjie op 25 Oktober 2019 vrygestel.



