Total-vulstasie weer oop ná ontploffing

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Total-vulstasie in Transvaalweg, waar daar op 20 Augustus 2019 ’n ontploffing was, is gereed om weer sy deure oop te maak.

’n Bron het in Augustus aan FiND iT bevestig twee van die ondergrondse tenks, wat petrol bevat, se deksels het as gevolg van hitte en drukking opgeblaas en toe afgeskiet. Dié vulstasie was vir meer as twee maande gesluit.

Gerrit de Boer, die eienaar van hierdie vulstasie, het bevestig die vulstasie sal binnekort weer amptelik oop wees. “Ons het nie regtig veranderinge gedoen nie, maar het al die skade wat aangerig is, herstel.”