Water tot verdere kennisgewing gesny

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die watertoevoer na alle gebiede in Kimberley gaan tot verdere kennisgewing afgeskakel word.

Dit is weens lae damvlakke by die Newton-opgaardam en herstelwerk aan ’n kragonderbreking gisteroggend by Riverton-aanleg 

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê ten spyte daarvan word water vanaf Riverton gepomp, maar damvlakke by Newton het nog nie herstel nie. 

“Beperkings op hoë volumes gaan binnekort aangebring word weens lae vlakke van die Vaal-rivier,” sê Matsie.

Die munisipaliteit sal inwoners deur die loop van die dag op hoogte hou van die situasie.