Almal weet wat ‘n oogtoets jou kos. Jean-André, eienaar van Torga Optical, vertel ‘n basiese oogtoets kos jou enigiets van R400 kontant.
Die Torga Optical R90-promosie het as ‘n “Black Friday”-kontantpromosie begin, maar omdat dit so gewild is, het hulle besluit om dit te behou. Dit sluit ‘n professionele oogtoets in.
Hierdie kontantpromosie is slegs geldig wanneer jy jou bril by Torga Optical laat maak, of glad nie een nodig het nie. Indien jy jou voorskrif egter na ‘n ander besigheid wil neem, word jy vir die volle R400 verantwoordelik gehou.
Torga Optical gee egter om vir alle kliënte en moedig almal aan om van hierdie promosie gebruik te maak.



