34 Leerders van een skool swanger

’n Skool in Randfontein het tans 34 leerders wat swanger is. Na bewering sit al dié leerders nog op die skoolbank om hulle standerd te probeer slaag.

Volgens nuus.info is een uit elke 18 vroulike leerlinge in die skool swanger, en alle moonlike maatreëls wat getref is om dit te voorkom, was nutteloos.

Die skool beskik oor ’n eie kliniek, ’n afdeling waar seksonderrig gegee word en ’n simpatieke span onderwysers, maar dit het klaarblyklik geen bydrae gelewer om die toestand te voorkom nie. Die skoolhoof het glo erken dat alles moontlik gedoen word, maar die skool kon nog nie daarin slaag om die swangerskappe te verminder nie.

16 thoughts on “34 Leerders van een skool swanger

    1. Eliznica, dit is nie te se dat dit seuns leerders van die skool is wat die meisies swanger gemaak het nie, mens kan dit nie net aan neem nie. Dit is tog albei geslagte se verantwoordelikheid om te voorkom dat so iets gebeur. As jou feite 100% korrek is en die navorsing is bewys, dan is dit aanvaarbaar om dit te noem.

  1. Miskien moet die kinder toelae weg gevat word en kos koepons in die plek daarvan gegee word. Ons is die enigste land waar voorbehoed middels gratis gegee word en as jy dit nie gebruik nie kry jy R480 per kind. Met werkloosheid is dit vir baie n uitkoms om kinder te kry en sodoende vir jouself te kan sorg. ‘n Welsyn bestel kweek of moedig die inherente luiheid by mense aan, want die staat sal sorg.

    1. Stem 100% saam met jou. Hulle hoef nie te gaan werk nie, want die staat gee hulle geld vir elke kind, hoe meer kinder hoe meer geld in ‘n maand. Selfde met all-pay. Staat gee hopeloos net te maklik vir almal all-pay. Ek sien dit in ons dorp, daar is gesinne wat 5 kinders het, ma en pa kry all pay, so hulle almal sit by die huis, hulle het nie nodig om te werk nie. Dan as die geld op is na die 1ste week dan wil hulle vreeslik kom bak hand staan en kom smeek vir werk. Gee jy vir hulle werk dan is hulle so lui en sodra hulle agter kom die werk is ‘n bietjie baie dan gaan sit hulle maar net weer by die huis en wag vir all-pay dag. Ek glo ook dat die regering is 99% verantwoordelik vir die werkloosheid syfer in ons land.

  2. Kyk ek dog my vark beer werk op die soe. Duidelik werk die meisie kinders harder saam die man’s of seuns.

    Nie eers my skape hou by nie. Gaan die ramme moet stuur na daai skool vir klas loop. Dis hartseer maar dis ongelukkig vandag se lewe.

  3. Miskien moet die kinders nie so slimgemaak word deer sex ed nie , dalk eerder respek geleer word vir jou liggaam . Die boodskap in skole is sex is fine so lank jy n kondoom gebruik , wat van klem lê daarop dat daar baie tyd is vir sex na dat jy jou doelwitte bereik het in studies nie.

  4. Disipline begin by die huis. Jy word groot gemaak deur te leer wat reg en verkeerd is dis nogsteeds jou keuse watter een jy kies….

  5. Julle mense is wreed rerig waar,it takes two to tango en ken julle die meisies se stories, dont juge a book by its cover .ek vat dit so jy geweet wat j doen so jy moet nou maar die verantwoordelikheid vat en aanvaar .dit is ni n sonde om jonk swanger te wees ni die sonde kom in wat jy maak met daai swangerskap …ek kan getuig want ek was self nog inskool toe ek swanger geraak het ek my kind groot gemaak sonder sassa toelae ek gewerk want ek het die verantwoordelikheid aanvaar en Ja ons die eenigste mense wat voorbehoedmiddels verniet kry maar die goed is verval so j gaan defnatief swanger raak so doen julle self n guns en gee eerder vir die leerders raad ni kraak hulle af ni want aborsies is moord en net slegte honde gee hul kinders weg … Jy geweet wat j maak so nou vat ju verandwoordelikheid nou en gaan werk en loop skool dan kan niemand julle veroordeel ni maak mense se huis skoon jaard skoon was karre solank jy ju baba kan voorsien met belangrike goedjies kan niemand niks se ni

    1. Ek stem saam met jou Susan. Dit is altyd die meisies, want dis duidelik dat hulle seks gehad het, maar die seuns word nie blameer nie want hulle is nie swanger nie, so dus moet hulle onskuldig wees. Ek simpatiseer vreeslik met hierdie meisies want hulle is nie seker wat vir hulle voorlê nie, hulle is nog bloedjonk en ek twyfel daai seuntjies/mans gaan hulle man staan en die babas help versorg wat hulle so lekker gehelp maak het.

  6. My vraag is. Hoekom is dit alleenlik die skool se verantwoordelikheid teenoor die kinders? Die fout lê nie by die skool nie. Hulle kan soveel reëls en regulasie soos hul kan in die skool toepas, maar die ligging van die skool kannie verander nie. Eat van die ouers wat in daardie omgewing woon. Eat word deur hulle gedoen om hul kinders in die bek te ruk. Dit is vir my belaglik dat die verantwoordelikheid net eenvoudig op die volgende persoon of organisasie se skouers afgeskuif word. Liewe genade! Gaan niemand meer verantwoordelikheid neem vir hul kinders nie?

    1. Dis nie die enigste skool nie in vereeniging so paar jaar terug was daar 23 meisies swanger op 1 slag party het klaar gekraam ander nog swanger.

  7. Dis agv die sex en LO onderrig wat hulle die kinders leer dat hulle swanger raak. Vroeg ryp vroeg vrot. Hulle leer kinders goed wat kinders in skole nie veronderstel is om te weet of leer in skole nie soos die nuwe LO sex onderrig weer vir die nuwe jaar 2020 wat voor lê. So paar jaar terug het hulle ook so iets gehad en die ouers het niks daar omtrent gedoen nie en kyk waar is die kinders…….. ons het nie sulke onderrig gehad nie en daar was hier en daar ‘n kind swanger en dit was baie baie min en nooit van dit gehoor nie want ons waa noe miskierig nie OUT OF MIND OUT OF SIGHT.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: