Gemeenskap brand munisipale gebou

Deel hierdie storie / Share this story

RITCHIE. – Die munisipale gebou hier is vroeër vanmiddag aan die brand gesteek.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê lt.-genl. Risimati Peter Shivuri, die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap, het die brand van die munisipale gebou streng veroordeel.

“Woedende lede van die gemeenskap het na bewering vandag om 12:00 die munisipale gebou aan die brand gesteek uit protes teen swak dienslewering.”

Ramatseba sê daar is nog geen arrestasies uitgvoer nie en enigiemand met inligting word versoek om vir kapt. Deon Rheeder, stasiebevelvoerder, by 082 469 0193 te kontak. “Inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

“Lede van die polisie monitor die situasie en die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting.”