ROODEPAN – Die groep Voice in the City het op 26 Oktober 2019 ’n optog in die Roodepan-omgewing gehou. Dit was ’n veldtog teen misdaad waarby verskillende kerke en die Roodepan-polisie betrokke was.
Tydens die veldtog het verskillende rolspelers hulle kommer oor misdaad uitgespreek. Die span het besin oor dwelmmisdade, huisbraak, gesinsgeweld, diefstal, ens. en hoe om dit te bekamp. Die Roodepan-polisie se bevelvoerder van die sigbare polisiëringseenheid, kol. Pieter Jansen, het kerke bedank vir die inisiatief om die polisie by te staan in die stryd teen misdaad. Die Roodepan-polisie het die vreedsame veldtog/ staptog gemonitor en bestuur. “Saam kan ons die gety teen misdaad verander.”




