KEIMOES – ’n Buitelandse man is Sondagaand omstreek 20:00 vir tik en Mandrax ter waarde van R4 800 op Keimoes in hegtenis geneem.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê konstabels Vuyo Nxusani, Mxolisi Segedi en Louis Coetzee het ’n wenk ontvang van dwelms wat vir ’n huis van ’n buitelander in Lillielaan op Keimoes bestem was.
Die polisie het tydens die klopjag op die tik en Mandrax-tablette afgekom. Die verdagte is vir besit van dwelms in hegtenis geneem.
Gamieldien sê die verdagte gaan binnekort in die Keimoes-landdroshof verskyn.



