KURUMAN. – Lede van die Kimberley polisie-eenheid het gistermiddag om 17:30 ’n verdagte, vir verkragting en moord, in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê dié lede het opgevolg op inligting en het die verdagte in Kuruman in hegtenis geneem. “Die gearresteerde verdagte is een van die vier verdagtes, wat volgens berigte, ’n jong meisie in September 2019 op Kakamas verkrag en vermoor het.”
Hy sê die verdagte is positief geïdentifiseer deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe op Upington.
“Die verdagte sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.”



