NOORD-KAAP. – Die SAPD se provinsiale gholfspan het onlangs aan die nasionale gholfkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.
Dié kampioenskappe het vanaf 14 Oktober tot 19 Oktober plaasgevind.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die span het ’n silwermedalje in die B-afdeling, asook ’n medalje vir die beste spangees gewen.
“Baie geluk aan die span van Noord-Kaap vir die goeie werk.”



