Scorp Security se waaksaamheid het gelei tot die opsporing van ’n gesteelde Hilux-wiel.
Johannes Buffel, toesighouer van Scorp Security, sê hulle het eergisteraand twee verdagtes met ’n Hilux-wiel in Milnerstraat opgelet. Die verdagtes het die wiel agtergelaat en weggehardloop. Hulle was onseker in watter rigting die verdagtes gehardloop het. Hulle het vir ’n geruime tyd die verdagtes gesoek, maar kon hulle nie ospoor nie. Die wiel is aan die eienaar terugbesorg.
Die eienaar van die wiel het Scorp Security vir hulle goeie diens geprys: “Welgedaan ouens. Dankie dat julle ons Hilux-wiel aan ons terugbesorg het.”



