Binnelandse sake weer aanlyn

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Albei kantore van Binnelandse Sake hier is weer aanlyn.

Die kantore wat albei vroeër vanoggend van lyn af was, het bevestig hulle kan nou voortgaan om kliënte te help met hernuwings van lisensies of nuwe ID’s.

Irene Shai van die Galeshewe-kantoor sê hulle het so pas weer aanlyn gekom.