KIMBERLEY. – Maureenstraat in Galeshewe was gisteraand onder water nadat die Sol Plaatje-munisipaliteit herstelwerk in die area moes doen.
Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê dit is ’n normale prosedure wat gevolg moet word wanneer waterpype herstel word. “Ons moet die pype uitpomp vir enige elemente wat moontlik binnegekom het terwyl ons gewerk het. Dit word daagliks gedoen wanneer ’n pyp bars en reggemaak word.”
Hy kon egter nie kommentaar lewer oor die hoeveelheid liters wat verlore gegaan het nie.



