PORT NOLLOTH. – Twee mans is hier in hegtenis geneem nadat tik, Mandrax en dagga in hulle besit gevind is.
Die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid, Springbok K9-eenheid en veediefstaleenheid het inligting rakende die verkoop van dwelmmiddels in Nollothville opgevolg.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die lede het tik en Mandrax, wat in die toiletbak weggesteek is, binne-in die huis gevind. “Die beraamde straatwaarde van hierdie dwelms is R1 530. Daar is ook kontant op die perseel gevind.”
Hy sê terwyl die polisielede besig was met die operasie het hulle ’n verdagte man in ’n nabygeleë veld gesien. “Die polisie het hom agtervolg en ’n sak, met 25 pakkies dagga, in sy besit gevind. “Die beraamde straatwaarde hiervan is R7 530.
“Albei mans is in hegtenis geneem weens dwelmhandel. Die ondersoek duur voort.”





