Leerders van so jonk as graad 4 sal binnekort blootgestel word aan die nuwe kurrikulum vir seksvoorligting. Dié kurrikulum vorm deel van die vak Lewensoriëntering en sal na verwagting in 2020 van gr. 4 tot gr. 12 geïmplementeer word.
Dit behels glo dat leerders blootgestel word aan sagte pornografie, onder andere grafiese foto’s in handboeke wat die aanwend van vroulike kondome illustreer. Leerders sal ook in die klas hulle geslagsdele moet identifiseer en kommentaar lewer op kaalfoto’s wat deur medium van sosiale media gestuur word.
Gr. 8-leerders sal ingelig word oor wat tydens orale, vaginale en anale seks gebeur. Wat dink jy van die seksvoorligting-kurrikulum? Stuur ’n e-pos aan [email protected]



