PRETORIA. – ’n Helikopter met drie mans as insittendes het omstreeks 12:00 vanmiddag in ‘n residensiële area hier geval.
Xander Loubser, van Ambu-Link ambulansdienste, wat op die toneel was, het die ongeluk aan FiND iT bevestig. “Die mans was in die helikopter tydens die ongeluk. Hulle is lig beseer en het gevoel die beserings is nie van só ‘n aard dat hulle hospitaal toe moet gaan nie.”
Hy sê ook hulle is nog onseker wat die ongeluk veroorsaak het.



