KIMBERLEY. – Die wenner van verlede week se FiND iT-boekkompetisie is aangewys.
Baie geluk aan Quentin Bartlett wat Irma Venter se nuutste boek Sewe-en-veertig wen!
Meer oor dié boek
“Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op ’n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe – ’n vliegtuigkaartjie vir die eerste vlug is klaar bespreek. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ‘n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.
Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp ‘n oornagsak en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam – of hy nou wil of nie. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die Kaapse strate rondloop.
Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei.” – Human & Rousseau, druknaam van NB-uitgewers.



