Koperposbusse word weer geteiken

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Jaarliks, wanneer Desember nader, word huise met koperposbusse en -huisnommers geteiken.

Wickus Coetzee, die eienaar van Scorp Security, sê sowat 13 posbusse is die naweek in Royldene gesteel.

“Ek glo dit word deur die dag gesteel, omdat dit saans bietjie moeiliker is. Hulle begin deur die posbusse en huisnommers te steel, maar gaan dan ook verder deur die elektroniese hekmotors te steel. Hulle verkoop dan weer hierdie posbusse en huisnommers.

“Mense moet maar net bewus wees hiervan en op die uitkyk wees vir mense wat hierdie posbusse steel.”