Donnalee en Ivan verwag ’n…

Deel hierdie storie / Share this story

NASIONAAL. – Donnalee Roberts en Ivan Botha verwag ’n babaseuntjie.

Die paartjie wat in Mei die knoop deurgehaak het, het vanoggend ’n video op hulle Instagram-blaaie gedeel en die geslag van die bondeltjie bekend gemaak.

Foto: Instagram

Hulle sosiale media is ook vol onlangse foto’s, waar hulle in Rome vir hulle babymoon is.

“Die dokter sê jy waai, maar ek weet jy oefen vir al die high fives. Eerste tree. Eerste fietsrit. Eerste soen. Eerste stage dive. Eerste toer. Eerste werk. Eerste kind. Die lys gaan aan. Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie, my seun,” skryf Botha by die sonar-video.

Foto: Instagram