Man vas vir dwelms op Williston

Deel hierdie storie / Share this story

WILLISTON – ’n Gesamentlike poging tussen die Williston-polisie, die Calvinia-taakspan, Calvinia se honde-eenheid en die kriminele intelligensie-eenheid van Williston het goeie resultate opgelewer.


Op Maandag 21 Oktober 2019 het die span omstreeks 05:00 op die 33-jarige manlike verdagte by sy huis op Williston toegeslaan. Die polisie het die perseel deursoek beslag gelê op 36 volledige Mandrax-tablette, 17 kwart Mandrax-tablette, 13 sakkies dagga, 26 pakkies tik, kontant en ’n meetskaal. Die geraamde straatwaarde van die dwelmmiddels is R12 000.

 Die verdagte sal binnekort in die Williston-landdroshof verskyn.