GALESHEWE. – ’n Nege-en-veertigjarige ma van drie is dood in haar shanty gevind.
Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek, na die liggaam van ’n vrou gisteroggend om 06:00 deur haar man gevind is. Sy het haarself na bewering gehang.
Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die oorledene het in Madalanestraat in Galeshewe gewoon.
“Die rede vir haar dood is nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort.”
Sy laat haar twee 14-jarige tweelingdogters en ’n seun in sy twintigs agter.



