KIMBERLEY – Inwoners in ’n gedeelte van Bartleplek in Beaconsfield het vanoggend van ’n stroom water in die straat wakker geword nadat ’n pyp gebars het.
Volgens boodskappe op ’n WhatApp-groep vir Wyk 25 is die lekkasie vroegoggend deur ’n raadslid aan Sol Plaatje-munisipaliteit rapporteer.
Werkers van die munisipaliteit het die lekkasie blitsvinnig binne ’n paar uur herstel.



