RITCHIE – ’n Pasgebore baba van ’n paar dae is na bewering op ’n stortingsterrein op Rietvale, Ritchie, gevind.
Volgens ’n Facebook-blad van die Ritchie-gemeenskap is die baba in ’n sak weggegooi. Die ontdekking is ongeveer vyf dae later as gevolg van die reuk gemaak.
Die moeder is glo opgespoor, maar haar identiteit word beskerm vir die ondersoek om afgehandel te word.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, het bevestig dié saak word ondersoek. Sy sê die baba was in ’n T-hemp toegedraai.
Die ondersoek duur voort.



