ROODEPAN. – Die blitsige reaksie van die Roodepanse speurdereenheid het die inhegtenisneming van ’n 29-jarige man, wat in die besit was van vermoedelik gesteelde koper, verseker.
Die SAPD het gisteroggend inligting opgevolg en het op beweerde koperdiewe in die veld naby Leato Park toegeslaan.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê hulle het die verdagtes agtervolg en daarin geslaag om een van die mans in hegtenis geneem. “Die ander drie mans het gevlug.”
Hy sê die beraamde straatwaarde vir die bakkievrag koper is sowat R400 000.
“Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn, maar ons versoek dat enigeen met inligting rakende die voorval vir konst. Samuel Modise by 053 807 5500 kontak.



