KIMBERLEY – Kenilworthstraat wat De Beers met Kimdustria en Kenilworth verbind, is na beloftes van herstel steeds onbegaanbaar.
Mike Asefovitz, ’n woordvoerder vir Transnet, sê Transnet en die Sol Plaatje-munisipaliteit het saam die probleem daar evalueer en gevind die water is vanaf ’n munisipale waterpyp afkomstig.
Hy kon nie bevestig of mynbedrywighede in die gebied ook ‘n bydrae tot die water in die gebied gelewer het nie.
Volgens ’n berig deur ’n plaaslike koerant het die munisipaliteit belowe om die pad te herstel vir die Hartsfees wat in September by Yonder gehou was.
FiND iT het vroeër vanjaar oor die probleem by die oorbrug berig. Lees ons vorige berig, Industriële ramp broei in Kenilworth.



