Nuwe liefde se geskiedenis kan jou lewe red

Deel hierdie storie / Share this story

In Engeland en Wallis kan paartjies nou hulle maats se geskiedenis van huishoudelike geweld nagaan. Dink jy die wet moet ook in Suid-Afrika van toepassing gemaak word?

Clare’s Law, ’n nuwe wetgewing wat maats toelaat om te kyk of vennote ’n risiko vir hulle inhou, het ontstaan ​​ná die gruwelike dood van Clare Wood (36) in 2009. Wood het George Appleton deur Facebook ontmoet. Hy het haar gewurg en haar liggaam aan die brand gesteek voordat hy homself gehang het.

Appleton het ’n geskiedenis van geweld teen vroue gehad.

Wood se pa sê sy dogter het nie die beskerming gekry wat sy nodig gehad het nie en dat hy sou ingetree het as hy geweet het van haar moordenaar se verlede.

Daar is twee maniere waarop die inligting verkry kan word: via ’n ‘reg om te vra’ (waardeur ’n maat, vriend of familielid inligting kan aanvra), en ’n ‘reg om te weet’ (waardeur die polisie die opsie het om inligting oor mense wat volgens hulle ‘n risiko is proaktief te deel).

Dink jy hierdie wet sal in Suid-Afrika werk? Stuur ’n e-pos aan [email protected]