Beurtkrag affekteer eindeksamen

Foto: Pixabay

NOORD-KAAP. – Die 2019 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het gister afgeskop, maar weens die beurtkrag wat gister in werking getree het, kon net 26 eksamensentrums in die Noord-Kaap volgens skedule voortgaan met die vraestel.

RTT

Altesaam 1 274 kandidate was geregistreer om rekenaartoepassingstegnologie (RTT) in 64 sentrums in die Noord-Kaap te skryf.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap, sê die aankondiging deur ESKOM om beurtkrag te implementeer was ’n jammerte, maar dit het nie die RTT-vraestel in gedrang gebring nie.

Kragopwekkers

“Baie van die sentrums het hulle eie kragopwekkers gebruik en die kandidate by dié sentrums kon die eksamen voltooi. By sentrums wat nie kragopwekkers gehad het nie is die kandidate onder toesig gehou en is met die vraestel voortgegaan toe die elektrisiteit herstel is.”

Hierdie kandidate is ook ekstra tyd gegee om te vergoed vir die verlore tyd as gevolg van die elektrisiteitsonderbreking.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *