KIMBERLEY. – Twee mans is hier in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.
Die beraamde straatwaarde vir hierdie koper is sowat R100 000.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê hulle het Maandag inligting oor twee verdagte mans wat koperkabels in ’n veld in Hullstraat brand opgevolg. “Ons het die mans met behulp van die klaer gevind en hulle in hegtenis geneem.
“Die mans is tussen 20 en 34 jaar oud en sal binnekort in die landdroshof in Kimberley verskyn.”
Die ondersoek duur voort.



