“Dros-verkragter” vandag gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Nicholas Ninow, wat bekend staan as die “Dros-verkragter”, is vandag in die hooggeregshof gevonnis.

Ninow, wat sowat ’n jaar gelede ’n sewejarige meisie in die Dros-kleedkamer verkrag het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hy het in September skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, regsverydeling en die besit van dwelms.

Volgens Netwerk24, wat regstreeks uit die hof berig, sê Ninow is lewenslank gevonnis op die klag van verkragting. Vyf jaar vir die besit en gebruik van dwelms en vyf jaar vir regsverydeling.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word, berig Netwerk24.

Lees die volle hofverrigtinge van Netwerk24 hier.