AMERIKA. – Die Amerikaanse bokser, Patrick Day, is Woensdag oorlede, na hy in ’n koma weens kopbeserings verval het.
SPORTbible het op hulle Twitter-blad geskryf: “Bokser Patrick Day is op die ouderdom van 27 oorlede, vier dae na hy kopbeserings in ’n boksgeveg teen Charles Conwell opgedoen het.”
Charles Conway het drie dae gelede op sy Instagram-blad gesê dit is die laaste keer dat daar oor hierdie situasie gepraat word, omdat dit ’n sensitiewe onderwerp is, nie net vir sy familie en vriende nie, maar ook vir homself en boks as sport.




