Droogtehulp op skedule vir Vosburg-trip

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Boere Droogtehulp SA, wat in ’n konvooi van sowat 50 trokke en bakkies deur Kimberley gaan ry, is slaggereed om môre deur Kimberley te ry.

Hierdie konvooi gaan voer na die Vosburg-distrik, wat swaar getref word deur die voortslepende droogte, neem.

Dawie Griesel, ’n Kimberley-inwoner, sê die vragmotors is geskeduleer om môreoggend vanaf Rustenburg te ry. “Baie van die vragmotors is reeds met voer gelaai.”

Hy sê ’n goedhartige boer het vandag gesê ’n vragmotor moet na sy plaas ook gestuur word om vars groente en vrugte vir hierdie distik te laai.

“Al hierdie vragmotors, die bestuurders en voer is geskenk aan die Vosburg-distrik.”

Hulle beplan om vir ongeveer 70 persone wat betrokke is koue water, koeldrank en iets te ete te gee. “Ons het al soveel skenkings ontvang en is so dankbaar daarvoor.”

Indien enigiemand ’n skenking wil maak, kontak asseblief vir Dawie by 084 240 6353 of Ryno by 083 444 8003.