Water stroom al van vanoggend in Conradstraat

Deel hierdie storie / Share this story

Water stroom al van vanoggend 07:00 af uit ’n lekkasie in Conradstraat, New Park. Die lekkasie is nog nie herstel nie en inwoners is ontsteld oor die massa water wat verlore gaan.

 FiND iT het ‘n navraag aan Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gerig.