Pad buite Kimberley word stortingsterrein

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Gedeelte van die R31 buite Kimberley verander in ’n stortingsterrein nadat vullis langs die pad gestort is.

FiND iT het voorheen berig oor die veld tussen die nuwe hospitaal vir geestesgesondheid en die Gariep-hospitaal in El Toro Park wat deur rommelstrooiers besoedel word.

Oortreders doen waarskynlik nie meer die moeite om die veld in te ry nie nadat FiND iT vanoggend op die vuilgoedsakke op die R31 afgekom het.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het by vorige navrae oor die vervolging van rommelstrooiers gemaan dat die gemeenskap oortreders aan die munisipaliteit moet rapporteer.