Kos vir 10 000 mense

Deel hierdie storie / Share this story

NASIONAAL. – Vandag is Wêreldvoedseldag.

World Food Day word elke jaar op 16 Oktober 2019 regoor die wêreld gevier ter herdenking van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies wat in 1945 gestig is.

Robyn du Toit van Meals on Wheels in Kimberley, sê daar word vandag in Johannesburg ’n Cook-a-thon gehou, waar talle lede van Meals on Wheels regoor Suid-Afrika gaan help. “Hulle doelwit vir vandag is om genoeg kos te maak om 10 000 mense te voed.”

Lede van die Kimberley-tak is ook tans in Johannesburg.

“Die kos gaan gedeel word, sodat ’n sekere hoeveelheid na die skole sal gaan en die ander hoeveelheid na die armer gemeenskappe.”