Kragonderbrekings word beplan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Inwoners is vanoggend in kennis gestel dat kragonderbrekings moontlik weer ‘n werklikheid in die nabye toekoms kan wees.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê dit is in hierdie stadium nog net ’n waarskuwing. “Die kragstelsel is baie beperk.”

Hy sê indien hulle verdere tegniese probleme ondervind en nog 600 mW gaan verlore, is dit waarskynlik nodig dat kragonderbrekings begin.”

’n Waarskuwing is op die toep, EskomSePush, uitgestuur, wat sê die beplanning is dat fase 2 loadshedding  om 09:00 vanoggend begin.

Foto: WhatsApp (Marie Beylefeld, DA-lid)